Hallo almal
Ek kan nie glo dat ons meer as ‘n week hier is nie , tyd vlieg darem woes hier. Dit word lig so 7uur in die oggend en die son sak na 8uur in die aande. As jy jou weer kry is dit slaaptyd. Ons het vrydag oggend ons werkspermitte gekry , gister was ons vir ‘n tuberkulose toets wat gelukkig net x-trale behels het van ons longe…..natuurlik het my rookverlede eweskielik voor my ingespring en my laat wonder wat gesê sou word as ek nog steeds gerook het.
Ons woning kyk na ‘n park uit (gebou met rooi dak) daar is veskeie plaasdiere daar wat gereeld besoek en gevoer word. Daar is ook klein tuine in die park self en speelplek vir kinders.
Ons woon in ‘n baie nice omgewing en hier is baie klein winkeltjies, en dit is nie snaaks om jou regte ou klein groentewinkeltjie, en bakery raak te loop nie. Ons naaste supermark is Albert Hein en ek sou dit eerder met ‘n kleinerige woolies vergelyk. Natuurlik is dit nog uitputtend om winkel toe te gaan want dit is gereeld ‘n kwessie van die Rand / Euro wisselkoers, en gewoond raak aan die produkte .
Die weer is volgens die mense hier rond baie koud in vergelyking met vorige jare die tyd , klimaatverskille is aan die orde van die dag. Temperature wissel van 1 graad in oggend tot maksimum 10 grade in die dag.

Bo is n foto van die “Pier” en dit is op die hoofstrand hier naby…..seker nie verder as 3 kilometer van ons huis af nie. Die pier het twee vlakke…onder is heeltemal toe met glas…..kom ons raai waarvoor dit sou wees ?? Bokant is oop dek. Op die onderkant is klomp winkeltjies, die groot ronde struktuur het ‘n restaurant en casino. Aan die agterkant is daar n toring waar die mense vanaf bungy jump , en daar is ook ‘n nice Restaurant.
Verder is dit nogal n aanpassing om hier rond te loop, veral as ‘n mens net in jou kar kan klim en erens heen ry. Dit is nog ‘n vreemde plek en vreemde mense , maar ek moet sê ons oorleef darem , en ons eet darem nou nie elke aand two minute noodles nie. Ons kan nog steeds Desperate Housewifes, en Lost en Greys Anatomy kyk op satellite tv. Hier is redelik baie amerikaanse comedies al is hulle oud soos Seinfeld , en Frasier ens. Ek kan ook natuurlik formula1 kyk op satellite tv….al is die taal waarin dit uitgesaai word Nederlands. Mens kan nou nie alles hê nie….ek is bly dit was ‘n eerste en tweede plek vir Ferrari…..ek is seker Mnr Scheepers sou dit anders wou gehad het !!
Gepraat van taal , ek kom agter dat dit beter gaan as ek Afrikaans praat eerder as Engels. Dit help ook as ons mede inwoners stadig praat , want dan is dit net bietjie beter om dit in te neem. Ons wag dat ons ADSL die week in werking tree sodat ons skype kan kry. Ons gebruik tans ‘n wire less koneksie wat maar redelik afhang hoeveel gebruikers op die net is op daardie tydstip. Ten minste kan ‘n mens nog kommunikeer met die buitewereld.

Bo is ‘n tipiese straatjie in die omgewing , natuurlik nie van fietse vergeet nie !! Ons apartment is op die eerste vloer en is bokant n Restaurant gelee. (my skoonma se kombuis). Dit is verbasend hoeveel karre hier is (Alinda ry gewoontlik ‘n paar minute rond op soek na parkering) sy het gister haar eie Maatskapy motor gekry – Peugot 207 met allerhande gadgets soos automatiese ligte ens. Baie nice kar en in swart. Regtig nice….sorry blaffie !!
Gepraat van fietse , ek oorweeg om vir my ‘n fiets aan te skaf want loop is nou wel goed en alles maar ‘n mens wil darem bietjie vinniger by ‘n plek arriver. Maar wat koop jy ? ‘n mountain bike – minimum 500 euros , ‘n gentlemans fiets – dun wiel fiets met back paddle, ‘n hybrid wat tussen n mountain bike en n gentlemans fiets is. Resies fietse praat ek nie eers van nie , hulle is heeltemal in ‘n ander klas.(weereens die Rand – Euro gel nie lekker nie)
Tussen karre , trems , fietse ,motorfietse en jou odd perd is dit nogal ‘n oefening om jou weg oor ‘n pad te vind. As jy gelukkig is dat trem jou mis en die karre , moet jy koes vir die twee wiel tipes. Wat amazing is hier gee die mense jou ‘n gaping as jy wil oorgaan van een baan na ‘n ander as jou flicker lig aan is. Jy hoor jou odd toeter , maar dit is gewoontlik mense wat mekaar groet. Die amazingste is al lyk dit hoe confusing by ‘n cruising , daar is nie probleme nie, dit werk net. Gepraat van die odd perd nou en dan…hier kom amper elke dag n ruiter op n perd in die straat verby….ek en Alinda wonder waar hulle die perde hou. Dit is nie net polisie perde nie maar privaat mense wat hier in die straat ry.
Maar genoeg vir eers – sterkte daar in S.A , ek het nou net Carte Blanche gekyk …….sterkte. Groete




