Hallo almal
Die vlug na Griekeland was heel ok, die beenspasie was verseker beter as Air France en die kos goed vir die prys. Als en als is ons wel in een stuk en het ons n apartment in Den Haag gekry. Die sal wel ons tuiste vir n minimum van een jaar wees…soos per kontrak.
Gister na die landing en aankoms was ons eers ‘n ander moontlike huurplek gewys, wat toe nie aan ons behoeftes voldoen het nie. Volgende was ‘n ongelooflike hoeveelheid trappe by die volgende apartment wat tot vir Johan opdraande sou gee as hy Comrades hier wou doen. Ek moet ook by se dat trappe en groot voete soos myne nie goed met mekaar gesels nie en kon ek moontlikke enkel beserings in die toekoms sien aankom….veral met bier in die lyf. Daarna was nog twee plekke. Die laaste een was ook ‘n oefensessie op ‘n treadmill se moses met trappe ens.
So dus was nommer drie die wenner !! Natuurlik een groot rede was ‘n bad en stort in die badkamer. Hier is central heating, satelliet tv wat hopelik more aan sal wees met internet. Skottelgoedwasser, tuimeldroeer en wasmasjien. Dit is ‘n eenslaapkamer apartment en is baie ruim.

Vir tannie gemmerkat……

Stort vir my…..

Ons keuken…kombuis… gas stoof, skottelgoed masjien, yskas en koffie masjien.

Uitsig van die sitkamer na kamer… dit is nogal massiewe vensters veral as dit gewas moet word. Die sitkamer vensters is ook massief groot, en die sitkamer en kombus vensters kyk uit op n park. Die park het plaasdiere op waar kinders en ouers heen gaan deur die dag , die kinders loop tussen die diere rond, en vat aan hulle. Daar is ook ‘n groot stuk grond waar mense groentes ens plant. Na bewering kry mense grond daar om hulle eie groente ens te plant. Daar is ook n kinder speelplek met ‘n skateboard baan ens.
Die apartment is bokant ‘n restaurant. Die naaste Supermark is ongeveer 600 meter hiervan ons af. Hier is ‘n klein groente winkel so 30 meter van ons af , om die hoek is n aandkafee (winkeltjie) en verder af in die straat is ‘n slaghuis. Ek dink die drank winkel is so 150 meter van ons af , ek het gesien dat die aandkafee ook bier verkoop !!
Verder is ons ongeveer ses minute se stap weg van die see af – noordsee.
Wel dit is genoeg vir eers. Gister was my liewe vrou se eerste bestuurs poging in die verkeer, sy was onder heelwat stress….ek het ook seker nie veel gehelp om dit te verlig nie. Dit was vir my ook vreesaanjaend…maar ons is steeds heel.
Vandag het sy aleen Altran toe gery , sy was erg gestress vanoggend maar ek is bly om te se sy is veilig terug by die huis. Sy het met haar tweede kar in twee dae hier aangekom, more moet sy weer die een vir iemand gee en dan kry sy blykbaar haar eie een. Albei voriges is Renaults. Parkering is hier ‘n probleem, en sommige van julle sal verbaas hoeveel motors hier rond ry. Hier is tot four by fours. Natuurlik rule fietsryers , en motorfietse hier, karre stop vir fietse, en nie anders om nie. Vandag was hier mense wat met perde in die strate gery het, een was ‘n polisie vrou.
Terug by my vrou was sy in ‘n beter toestand toe sy hier aangekom het na werk. Sy se die mense by haar werk is nice en hulpvaardig , en sy klink postief oor die werk.
Ons was gister baie eensaam, en het erg afgesluit gevoel van die wereld, maar vandag gaan dit beter. Ons mis julle almal baie en waardeer julle liefde en ondersteuning.
Liefde en groete
Zet en Alinda Kaaskop Watson……….